Kultuur

Toastmasters

Dit is vir min mense maklik om voor ‘n gehoor te praat, miskien omdat ons bang is ons maak gekke van onsself voor ander mense. Dit is egter ‘n waardevolle vaardigheid wat deure kan oopmaak. Hierdie kursus fokus dus op leierskap en voor­dragvaardighede. Toastmasters word al ses jaar lank by die skool aangebied.

Tydens die gala-aand op Donderdag 1 Maart 2012, het die volgende leerders sertifikate van Toastmasters ontvang: Mieke van Tonder, J.D. Heyns, Kobus Swanepoel, André du Preez, Madelein Bester, Damien Hogg, Simoné Heyns, Michaela Monteiro en Zander Nel. Baie geluk!