Kultuur

Toneel

"and the play must go on” – W. Shakespeare

Hoërskool Centurion het in 2011 die planke warm gespeel.  Aan talent is daar by ons skool nie ‘n tekort nie.  Die twee toneelgroepe, Lisa en Fanagolô, het gespog met entoesiastiese, toegewyde en uiters talentvolle spelers.

Lisa het die gehore aangegryp met ‘n intense, sielvolle greep uit die lewe van ‘n dogtertjie wat deur haar verbeeldingsmaatjie van die werklikheid ontvlug, om dit vir haarself ‘n aangenamer plek te maak.

Fanagolô het die gehore laat skater met hul gevatte sêgoed.  Met vernuftige spel is die tragiese agtergrond van die karakters fyn verweef in dié tragikomiese stuk.

Hierdie twee toneelgroepe het vanjaar die skool by die Tshwane Jeugkunstefees, die Centurion Kunstefees en die ATKV-Tienertoneelkompetisie verteenwoordig.  By die Centurion Kunstefees het albei tonele A++ simbole verwerf en by die ATKV-Tienertoneelkompetisie is ‘n totaal van drie silwer en vier brons sertifikate verwerf.

[nggallery id=18]