Hoërskool Centurion

ALUMNI

Die Hoërskool Centurion Alumni-stigting is in die lewe geroep met die hoofdoel om die trotse tradisie van Hoërskool Centurion te laat voortleef deur die nodige gees en ontwikkeling te genereer. Daar word beoog om Hoërskool Centurion as die toonaangewende skool te vestig, wat deur die uitdagings van die toekoms die hoof kan bied.
Alle oud-Woeries word uitgenooi om deel van ons visie te word en aan te sluit by die Alumni van die skool, waar u op hoogte kan bly van al die skool se prestasies, gebeure en projekte.

Indien u as lid van die Alumni wil aansluit, kliek gerus op die onderstaande skakel.

Vir meer inligting oor Alumni, kontak gerus vir me. L. Janse van Rensburg by alumni@hscenturion.co.za

BEHOU KONTAK

Ondersteun jou alma mater​

Ware Woerie-Alumni

Ons wil graag die Woerie-gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by die Makro en MySchool inisiatiewe om sodoende ons skool te help om ‘n addisionele inkomste te genereer. Die inisiatiewe is oopgestel vir die hele gemeenskap.

Enige iemand kan die MySchool “App” en die Makro “App” aflaai en Hoërskool Centurion as ‘n begunstigde laai. 

Ons deel ook graag die goeie nuus dat MySchool en Makro nou die opsie bied om beide kaarte digitaal te bekom.

   https://www.makro.co.za/m-educ8        /       https://www.myschool.co.za/get-your-card-here/myschool-app

Saam kan ons ‘n groot verskil vir die skool maak, dankie vir u samewerking! 

Vir enige verdere navrae rondom die inisiatiewe is u welkom om vir me. K. Roux te kontak by bemarking@hscenturion.co.za