Hoërskool Centurion, Highschool Centurion woeire omgee

Die doel van omgee, is om in die fisiese behoeftes van behoeftiges leerders te probeer voorsien sover ons finansies, verkry uit vrywillige donasies en voorraad en aankope uit die Liefdadigheidsfonds, dit toelaat. 

 

‘n Leerder/gesin moet by die finansieskantoor geregistreer wees as hulpbehoewend, d.w.s. hul moes aansoek doen vir subsidie.  Alle inligting word uiters vertroulik hanteer en leerders word met die nodige sensitiwiteit vir hul omstandighede, behandel.

Ons is bewus dat ouers graag ondersteun as hulle weet waarvoor hulp en bydraes aangewend word. Die volgende maniere van hulpverlening is geïdentifiseer:

 

  • Kospakkies vir pouses:  Ons wil graag behoeftige kinders die geleentheid gee om kos tydens skoolure te ontvang.
  • Skool- en sportklere:  Ons wil graag poog om ons tweedehandse klerebank uit te bou sodat ons skool en sportklere aan behoeftige leerders kan voorsien.  Dit sal waardeer word as u enige ou skoolklere, sportklere of sporttoerusting by die skool se ontvangskantoor kan aflaai.  Dit sal waardeer word as die klere skoon en heel is.
  • Handboeke:  Geen leerder kan optimaal presteer sonder die relevante leermateriaal nie.  Ons wil subsidie-leerders ook ondersteun waar ons kan.  Leerderboeke is duur en kan net eenmalig gebruik word.  Verdere fondse word benodig om die projek te ondersteun. Skryfbehoeftes en skrifte word natuurlik dan ook benodig.
  • Kruideniersware: In uitsonderlike gevalle wil ons selfs behoeftige Woerie-gesinne van kruideniersware voorsien.  Ons ondersteun tans tussen 20 en 30 gesinne met nie-bederfbare voedsel, toiletware en skoonmaakmiddels.
  •  

Finansiële bydraes is ook baie welkom.  Ons gebruik dit om bogenoemde aan te koop of ons reël met Lyttelton Spar vir koepons.

 

 

Dankie vir die oorweldigende positiewe reaksie wat ons tot op hede reeds van baie van ons ouers ontvang het. Inbetalings kan gedoen word by:

 

Hoërskool Centurion

Standard Bank

Takkode: 012645

Rekeningno: 012357499

Verwysing: 0955001/Algemene Liefdadigheidsfonds.

 

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion bloedskenk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) en die Woeries stap al ‘n lang pad saam.  Ons is al die laaste twee dekades besig om saam met die SANBS die gemeenskap te dien.  Die skool bied kwartaalliks aan die SANBS die geleentheid om by ons te kom tent opslaan en bloed te tap. Dit is die Woeries se doel om elke jaar ten minste 250 eenhede bloed te skenk wat dan tot 750 lewens kan red.

 

Ons maak ook op bloedskenkdae die skool oop vir die publiek, ouers en vriende van die leerders om almal die geleentheid te bied om hulle deel te doen. Skenkers moet minstens 50kg weeg en 16 jaar of ouer wees.

 

Dit is vir die Woeries belangrik om die gemeenskap te dien waar ons kan. Op hierdie manier kan ons die groter gemeenskap en die Departement van Gesondheid ondersteun en ‘n verskil maak soos net die Woeries kan.

Hoerskool Centurion icon
Fondsinsameling
Hoerskool Centurion icon
WWO
My School
Myschool & Schooldays
Hoerskool Centurion icon
Woerie-omgee
Hoërskool Centurion, Highschool Centurion
Bloedskenk
Hoerskool Centurion
Woeretroos
Hoerskool Centurion icon
ALUMNI

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

 

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

 

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.