Hoof van Bemarking
Bemarkingsbestuurder
Skakelbeampte
Bemarker (Intern)
Foto- en videograaf
Grafiese ontwerper
By Hoërskool Centurion sien ons nie bemarking as bloot ‘n manier om produkte of dienste te adverteer nie. Hier besef ons dat Hoërskool Centurion se bemarking ‘n positiewe rol in die lewens van die mense wat ons dien en die gemeenskappe rondom ons, speel.
Bemarking gaan daaroor om empaties met mense om te gaan, doelgerigte verhoudings te bou en vir ons gemeenskap, ouers en leerders iets verrykend en waardevol in alle bemarkingspogings te bied.
Indien u as gemeenskapslid, besigheid of instansie sou belangstel om met Hoërskool Centurion hande te vat of meer inligting wil bekom rakende bemarkingsgeleenthede, kontak mnr. C. Botha gerus: c.botha@hscenturion.co.za
Hoërskool Centurion bied ‘n wye verskeidenheid bemarkings- en borggeleenthede aan instansies/gemeenskapslede wat graag by die skool betrokke wil raak.
Klik op die toepaslike skakel om u direk na die relevante skakel te neem:
By Hoërskool Centurion is dit vir ons belangrik om ‘n goeie verhouding tussen die skool en die gemeenskap te handhaaf en uit te bou.
Me. L. Engelbrecht is verantwoordelik daarvoor om verhoudings met laerskole, borge, adverteerders en die gemeenskap te ontwikkel.
Indien u meer inligting rakende bemarkingsgeleenthede wil bekom, kontak me. L. Engelbrecht gerus: l.engelbrecht@hscenturion.co.za
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika