By Hoërskool Centurion is dit nie net die voëls wat die mooiste kan sing wat gehoor word nie.
Ons skool is bekend vir die ontwikkeling van leerders se talente, sodat almal uiteindelik in die kollig kan wees. Dit is die rede waarom ons aan soveel as moontlik leerders die geleentheid bied om op te tree en deel te neem. Die redenaars is geen uitsondering nie!
Hoërskool Centurion se redenaars neem jaarliks aan prestige geleenthede deel, naamlik die Van Huyssteens Oratorsfees, die ATKV-redenaars, die Radikale Redenaars en die Oppie Tong Af-redenaars.
Die Woeries behaal jaarliks puik prestasies by die onderskeie kompetisies. Die skool bied ook jaarliks twee interne redenaarsaande aan waar die beste sprekers in elke graad aangewys word.
Ons bied ook jaarlikse werkswinkels aan waar die leerders vir die onderskeie kompetisies opgelei en toegerus word. Ons stem saam met Henry van Dyke as hy die volgende sê: “Die woude sou baie stil gewees het as net die voëls wat mooi kan sing hulle lied sou laat hoor.”
Me. S. Hattingh
s.hattingh@hscenturion.co.za
By Hoërskool Centurion is dit nie net die voëls wat die mooiste kan sing wat gehoor word nie.
Ons skool is bekend vir die ontwikkeling van leerders se talente, sodat almal uiteindelik in die kollig kan wees. Dit is die rede waarom ons aan soveel as moontlik leerders die geleentheid bied om op te tree en deel te neem. Die redenaars is geen uitsondering nie!
Hoërskool Centurion se redenaars neem jaarliks aan prestige geleenthede deel, naamlik die Van Huyssteens Oratorsfees, die ATKV-redenaars, die Radikale Redenaars en die Oppie Tong Af-redenaars. Die Woeries behaal jaarliks puik prestasies by die onderskeie kompetisies. Die skool bied ook jaarliks twee interne redenaarsaande aan waar die beste sprekers in elke graad aangewys word.
Ons bied ook jaarlikse werkswinkels aan waar die leerders vir die onderskeie kompetisies opgelei en toegerus word. Ons stem saam met Henry van Dyke as hy die volgende sê: “Die woude sou baie stil gewees het as net die voëls wat mooi kan sing hulle lied sou laat hoor.”
Orators is ‘n platform wat Engels in sy totaliteit en verskeidenheid onder die leerders bevorder sodat die jeug daardeur bemagtig kan word om in Engels ‘n leidende rol as toekomstige leiers van Suid-Afrika te speel. Die Woeries besef dat elke saak beredeneerbaar is en dat nie alles in die lewe net as wit of swart beskou kan word nie – daar is wel grys areas in die middel. Elke span, met hul afrigter, spandeer baie tyd om deeglike navorsing oor hul onderwerp te doen en staan nie een tree vir hul teenstanders terug nie.
“Come air your opinions in your best English at the orators”.
Beste junior spreker: Luché Steyn
Beste senior spreker: Leandri Erasmus
Chanté Bosch ontvang die Van Huyssteens Wisseltrofee vir Toegewyde Orator vanaf gr. 8 tot gr. 12.
Dit is vir min mense maklik om voor ‘n gehoor te praat, miskien omdat ons bang is ons maak gekke van onsself voor ander mense.
Dit is egter ‘n waardevolle vaardigheid wat deure kan oopmaak. Jy leer jouself deur die loop van die kursus baie beter ken en met jou nuwe selfvertroue kan jy jou lewe verander. Die galafunksie is ‘n spesiale geleentheid waar daar gespog word met nuutgevonde talente en die kroon op harde werk en baie lag geplaas word. Toastmasters word al 15 jaar by die skool aangebied. Hierdie jaar het agtien leerders die kursus deurloop en sertifikate ontvang. Dit was pret, maar ook harde werk. Die kursus fokus op leierskap- en voordragvaardighede.

Ligte, gordyne, aksie! Die Woeries spog jaarliks op die verhoog met puik toneelproduksies. Daar word elke jaar twee tonele ingeskryf om meer leerders die geleentheid te bied om hul kreatiwiteit en talente te ontwikkel. Die leerders neem elke jaar aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deel, asook die Centurion Kunstefees, Tshwane Toneelfees en ons skool se “Supper Theatre”. Verskeie bekendes het al hul merk op die Woerie-verhoog gemaak, onder andere Karen Ferreira, Simoné Nortmann, Christi Panagio en Elzabé Zietsman.
14 Toekennings is verwerf by Eldo Toneelfees.
Karli Snyman is as die beste ondersteunende aktrise by die Eldo Toneelfees bekroon.
27 Toekennings is by ATKV Tienertoneelfees ontvang.
Oorskiet verwerf A+ en Die Dwaalverhaal ‘n A++ by Centurion Kunswedstryd.
Die Woerie-kunstefees is ‘n platform vir al die kultuurleerders van Hoërskool Centurion om te wys waartoe hulle in staat is. Daar is vier genres waarvoor die leerders kan inskryf: sang, instrumentele items, drama en dans. Die kunstefees speel af oor twee aande met 4 onafhanklike, goed gekwalifiseerde beoordelaars elke aand. Die beoordelaars kies een item uit elke genre om deur te dring na die Supper Theatre (die hoogtepunt van die week).
Die gehoor stem ook op hul selfone vir hul gunsteling deelnemer in elke genre. Die gehoor se gunstelinge word saam met die beoordelaars se gunstelinge genooi om aan die Supper Theatre deel te neem. Die kunstefees is ‘n wonderlike geleentheid waar die gesoute kultuurleerders nie net met hul talent kan spog nie, maar waar daar jaarliks ook hope nuwe kultuurtalent ontdek word.
Die Supper Theatre is ‘n jaarlikse kultuurinstelling by Hoërskool Centurion waar die beste kultuuritems vir die jaar gevier word. Dit is ‘n heerlike, smulvolle aand waar die gehoor nie net fantastiese kultuurvermaak sien nie, maar ook kan ontspan met hul eie piekniekmandjie. Al die kultuurpresteerders kry die geleentheid om hul beste items by die prestige aand te lewer. Die Supper Theatre is eie aan Hoërskool Centurion en trek jaarliks ‘n stampvol saal.
By die Fotografieklub leer jy om mooi foto’s te neem, al is dit met jou selfoon vir Instagram of met ‘n kamera vir professionele foto’s.
Hoërskool Centurion Fotografieklub kom 2 keer per maand bymekaar. Die eerste en tweede Maandag van die maand, 19:00 – 20:00 in K24.
Die eerste byeenkoms is fotowedstrydaand en die tweede byeenkoms is ‘n praktiese leersessie. Tydens die kompetisie-aand is daar ‘n ervare buite-beoordelaar, wat nie net punte gee nie, maar ook terugvoer op jou foto gee. Hierdie terugvoer is die beste leerskool.
Ons probeer om 1 keer per kwartaal ‘n uitstappie te reël. Aan die einde van die jaar wys ons die beste fotograwe van die jaar aan. Laerskoolleerlinge is ook welkom. Ons spog tans met 4 leerlinge van Laerskool Louis Leipoldt.
Die Fotografieklub is geaffilieer by die PSSA (Photography Society of South Africa) waar ons aan vele wedstryde teen ander skole regoor die land, deelneem. Elke jaar in November stal ons foto’s in Lyttelton Kunsgalery (biblioteek) uit, saam met Centurion Camera Club en dan ding ons mee teen Laerskool Hennopspark en Hoërskool Zwartkop. Ons neem ook deel aan die Centurion Kunstefees in Augustus, wat in dieselfde kunsgalery uitgestal word, asook die FAK Ekspo.
Daar is ledegeld verbonde van R50 per kwartaal, vir 3 kwartale of R150 per jaar. Gelde word in die skool se rekening betaal. Dit kan ook kontant by die registerklas inbetaal word.
Let asseblief op na die verwysingsnommer.
Hoërskool Centurion
Standardbank
Takkode 012 645
Rekening no. 012 357 499
Verwysingsnr. is 0155015+ Van Voorletters.
Datums van klubaande en temas vir 2022
7, 14 Februarie
7, 14 Maart
11 April
9, 16 Mei
1, 8 Augustus
5 September
Tema: Sonsondergang
Tema: Ink
Tema: Braai
Tema: Sport
Tema: Human Portrait
Tema: Skadu’s
Moontlike uitstappie-datums vir 2022
29 Januarie : Voortrekkermonument. Ons gaan met ‘n filmkamera afneem.
23 April : Sportfotografie by die skool.
23 Julie : Modelle. Ons leer om modelle by die skool af te neem.
Prestasies van 2019
Prestasies van 2020
Prestasies van 2021
e-posadres:
Inskrywingsvorm:

Die marimba is ‘n perkussie-instrument wat ooreenkomste met die xilofoon toon. Die marimbas is baie groter en verdeel in ‘n sopraan-, alt- tenoor- en basmarimba. Klank word voortgebring deur met ‘n houthamertjie op houtstawe te slaan. Ons skool beskik oor die totale consort van hierdie spesiale perkussie-instrumente.
Om marimbas te speel en saam musiek te produseer is beslis vir elke leerder ‘n baie spesiale ervaring. Ons word jaarliks genooi om op te tree by gemeenskapsprojekte en neem ook deel aan kunswedstryde. Vir die laaste tien jaar het ons nooit minder as ‘n A+ vir die Junior en Senior Marimba-groep by die Centurion Kunswedstryd verwerf nie. Ons is ook al tydens die Centurion Kunstefees geëer met die prestige toekenning vir Beste melodiese slagorkes.
Dit is harde werk en ure se oefening, maar om saam kreatief te wees, te sosialiseer, mooi te lyk én nog goed te klink – is beslis die moeite werd. Wat ‘n voorreg is dit nie om hierdie instrument ook by Hoërskool Centurion te kan leer bemeester nie!
Ons is bevoorreg om mnr. Pieter Bezuidenhout as koorleier en begeleier te hê.
Die koor oefen Dinsdae. Hoërskool Centurion se koor het meer as 80 koorlede.
Die koorjaar skop elke jaar in Januarie af waarna die koorkamp en ons eie koorfees spoedig plaasvind.
Ons neem jaarliks aan verskeie optredes deel en het al op TV as gevolg van ons puik koorprestasies verskyn.
Elke Woerie-koorlid is ‘n ambassadeur. Ons is trots op ons Woerie-koor en ontvang graag ander kore by ons skool. Om te sing is goed, om koor te sing is beter en om in die Woerie-koor te sing, is die heel beste! Ons koester en voed ons koor en daarom beweeg ons van krag tot krag! Kom sluit aan by die koor van Hoërskool Centurion en word deel van ons koorfamilie!
Hoërskool Centurion Skoolkoor dring deur tot die finaal van SING-IN-HARMONIE 2018
Tydens die deelname aan die Centurion Kunstefees 2019 verwerf die Skoolkoor ‘n A++

Mnr. en Mej. Hoërskool Centurion
Cleopatra is die skool se spoggeleentheid vir die kroning van ons skool se Mnr. en Mej. Hoërskool Centurion. Tydens hierdie formele byeenkoms kry 20 graad 11-leerders die geleentheid om hulle talente, persoonlikhede en styl gedurende die aand uit te beeld. Hierdie funksie vind jaarliks in Augustus plaas.
‘n Bekende kunstenaar tree as seremoniemeester op. Gaskunstenaars wat al opgetree het, is Dewald Wasserfall, Monique, Jak de Priester, Adam, Heinz Winckler en Willem Botha.
‘n Tema word jaarliks gekies waarvolgens die leerders hulle danstalente moet uitbeeld.
Cleopatra is nie net ‘n skoonheidskompetisie nie, maar loots ook ‘n uitreik in die vorm van ‘n liefdadigheidsprojek, waardeur die Woeries hulle hart en omgee vir hulle medemens kan bewys. 2019 – Uitreik na die DBV, 2018-Skoolskoenprojek vir kinders in Danville, 2017-teddiebere uitdeel aan siek kinders in die Unitas hospitaalkindersaal.
Hoofborge wat elke jaar betrokke is:
Die finaliste is verantwoordelik vir die insameling van borge as deel van die kompetisie.
Pryse word gegee aan elke finalis. Daar word ook toekennings gemaak vir fotogenies, persoonlikheid en debutante.
As ‘n driejaarlikse produksie bied revue by Hoërskool Centurion ‘n geleentheid om vrywillig, met koste verbonde, op professionele vlak deel te wees van ‘n opwindende verhoogervaring.
Deelname vereis geen spesifieke dans- of sangvaardighede nie. Die geleentheid word ook geskep om deel van die sanggroep te wees of as solis op te tree. Die tegniese- en verhoogspan is ook ‘n groep leerders wat ‘n integrale en onmisbare rol in die revue speel.
Items word deur professionele choreograwe, toegewyde, entoesiastiese afrigters en baie ure se oefen geslyp tot ‘n produksie waarop elkeen trots kan wees. Saam met professionele klankopnames van ons sanggroep, opwindende beligting en kleurvolle kostuums word dit een van die beste ervarings van elke leerder se hoërskoolloopbaan.
Hoërskool Centurion neem die afgelope 24 jaar al 12 keer aan Kaleidoskoop en Tshwane Jeugfees, deel.
Vorige revues: Excentrique, Gig-sonderbriek, Contrast de Vie, Bravissimo, Asante, Mosaïqe, WOW en Illumina.
Ons bied in Mei 2023 ons volgende revue, “Nova”, aan.
Ons het 400 leerders van gr. 8-12 (2023) wat aan die revue gaan deelneem. Ons sien uit om die produksie op die planke te kry!
Daar is ‘n nuwe generasie wat opstaan in ons land. By TIX wil ons vir elke leerder, ongeag van hul agtergrond, ‘n veilige spasie gee om nie net hul geloof uit te leef nie, maar ook te leer en saam met ander leerders mekaar te ondersteun. Ons kom weekliks op Woensdae, eerste pouse, bymekaar om ‘n verskeidenheid geestelike aktiwiteite aan die leerders te bied. Leerders kry pouses die geleentheid om oor relevante onderwerpe te gesels, inspraak van mentors en dikwels ook ‘n gasspreker te kry. Pouses word afgesluit waar leerders vir mekaar bid of gebed ontvang. Ons het jaarliks ‘n TIX-kamp, waar leerders in ‘n veilige omgewing vrae kan vra en meer oor Jesus leer. TIX is vir elke denominasie en leerders leer hoe ons interkerklik die Here se naam groot kan maak.
Daar is twee maal ‘n jaar die geleentheid waar leerders op uitreike kan gaan en leer hoe om ingestel te wees op die mense rondom hulle.
Ons visie is dat Hoërskool Centurion ’n skool sal wees wat met alles na die Here toe draai en wat God deelmaak van hul alledaagse lewe. Ons as Woeries wil onbeskaamd die Here dien.
Die Voortrekkers is ‘n moderne kultuurorganisasie wat ons jeug voorberei vir die toekoms.
Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap is die fondasie waarmee ons die jeug toerus om diensbaar in die toekoms te wees.
Me. Marli Weyer