l.nortje@hscenturion.co.za
“Die tapisserie van kultuur: koester groei en eenheid in ons skool”
Onder die ontelbare herinneringe van die afgelope jaar, het die ryk tapisserie van kultuur binne ons skool, ‘n deurslaggewende rol in die groei en ontwikkeling van vele leerders gespeel.
Hoërskool Centurion se suksesvolle kultuuruitsette doen gestand aan drie besonderse aanhalings:
“Kultuur is die verbreding van die verstand en van die gees.” – Jawaharlal Nehru Ons skool se kultuur is ‘n onbeperkte bron van kennis.kultuuraktiwiteite bemagtig leerders om te verstaan, te waardeer, te respekteer en in verstand en gees te groei.
“In diversiteit is daar skoonheid, en daar is krag.” – Maya Angelou. Elke kultuuraktiwiteit dra tot die lewendige tapisserie van ons skool by en vorm ‘n unieke mengsel van sterkpunte, talente en perspektiewe. Hetsy as deelnemer, uitblinker of toeskouer, het ons vanjaar die Woeries se kollektiewe krag in aksie beleef.
Ons jaarlikse kunsuitstalling, in die woorde van Stephanie Laubser, ons kurator: “Dit gee my die vryheid om my gedagtes, emosies en idees uit te druk op maniere wat woorde alleen nie kan vasvang nie. Dit is ‘n bron van vreugde, inspirasie en persoonlike groei en ‘n bewys van die grenslose potensiaal van die menslike gees” Dit is met dankbaarheid dat ons terugkyk na die rykdom van kultuur wat met die kulturele tapisserie aan die Woeries gebied word – ons is gekweek, gekoester en het as eenheid gegroei om ons Woerie-waardes uit te leef.
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika