d.barnard@hscenturion.co.za
Hoërskool Centurion staan bekend as die skool van uitnemendheid – of dit nou verwys na top akademiese personeel, of leerders se akademiese prestasies wat wye erkenning geniet.
Die personeel is betrokke by verskeie akademiese liggame en ons leerders kry wyd erkenning in publikasies, kunswedstryde en in die koerante met ons graad 12-uitslae. Hoërskool Centurion het selfs ‘n Ultimum Ludum-trofee vir die leerders wat deur die jaar die beste akademies verbeter het. Omdat ons ‘n familieskool is, is ons klasse kleiner en kry leerders beslis meer kontaktyd met personeel.
U kind en sy/haar akademiese vordering is ons eerste prioriteit. Ons poog om u kind bloot te stel aan ‘n wye verskeidenheid van tegnologiese vaardighede wat u kind beter sal voorberei om aan te pas in ‘n toenemend veranderende wêreld. Hoërskool Centurion se akademiese program het vir elke kind ‘n plekkie onder die son.
Word deel van die Woerie-kampus.
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika