c.botha@hscenturion.co.za
Sport by ons skool is veel meer as net fisiese deelname – dit dra by tot die volle ontwikkeling van elke leerder, insluitend hul sosiale, geestelike en emosionele groei. Ons afrigtingspan bestaan uit kundige en ervare afrigters, waarvan baie op provinsiale vlak as afrigters, keurders of bestuurders betrokke is. Met veertien verskillende sportsoorte bied ons iets vir elke leerder – daar is werklik ‘n plek vir almal om deel te neem en te groei.
Hoërskool Centurion neem trots deel aan verskeie toernooie in ‘n wye verskeidenheid sportsoorte en kompeteer teen van die top skole in die land. Ons is trots op ons leerders se prestasies en erken nie net dié wat aan sportsoorte in ons aanbod deelneem nie, maar ook dié wat uitblink in ander sporte buite die skool se formele sportprogram. Elke leerder se deelname en prestasie word waardeer en ondersteun.
By Hoërskool Centurion streef ons altyd hoër – op en van die sportveld af. Hier kry elke leerder die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik en ’n blywende merk te maak. Of jy op nasionale vlak meeding, of net vir die liefde van die spel deelneem, hier is die plek waar jy kan groei, presteer en jou unieke bydrae lewer.
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika