Hoërskool Centurion, Highschool Centurion Sociaal

Die Woeries weet altyd hoe om die skoollewe te geniet! Ons neem aan tonne pret- aktiwiteite soos kaskarresies en verjaarsdagvieringe deel, soos net die Woeries kan! Buiten feesvieringe, is ons nie bang om ‘n uitdaging aan te pak nie! Daar is talle sosiale geleenthede waaraan die Woeries jaarliks deelneem, waar hul nie net die geleentheid geniet nie, maar hulle ook uitleef om‘n bydrae tot fondsinsamelings te maak.

Sekerlik een van die Woeries se grootste fondsinsamelingsaksies oor die jare, is die Kaskardag. Nie net dien dit as fondsinsameling nie, maar is terselfdertyd ‘n lekker ontspanningsdag, waar daar hope gees gevang word en leerders kans kry om sosiale interaksie met medeleerders en selfs onderwysers te geniet.

As aanvulling tot die kaskarkompetisie, word die dagprogram jaarliks aangepas na gelang van spesifieke behoeftes. Springkastele, sportuitdagings soos raakrugby vir dogters of sagtebalwedstryde tussen die dogters en seuns, gaan gewoonlik gepaard met Kaskardag.

As geelwortel is daar boonop die allergewilde uitstappies na die Valley of the Waves by Sun City vir die klasse wat die R10 000 mylpaal vir die fondsinsameling bereik. Die dag bied hope pret vir alle deelnemers en is sekerlik een van die hoogtepunte op die sosiale kalender.

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion Onderwyser
Organiseerder:

Mnr. J. de Bruyn

j.debruyn@hscenturion.co.za

Die Nocte Cucurri is ‘n heerlike geleentheid wat die hele gemeenskap, van jonk na oud, lok. Nocte Cucurri beteken in Latyn “om in die nag te hardloop” en die byeenkoms bestaan uit 2 wedlope, naamlik die Goue Myl, asook die Pretwedloop wat albei ‘n myl (1.6 km) behels. Die Goue Myl is vir die meer ernstige atlete wat kompeteer om die rekordhouer te wees en die Pretwedloop bestaan uit verskeie kategorieë waarvoor enige iemand kan inskryf.

Die Nocte Cucurri vind jaarliks plaas en ons verwag om elke jaar nog groter te gaan. Daar is groot pryse op die spel en elke atleet wat die 1.6 km voltooi, sal wegstap met ‘n medalje.

Maak seker dat u nie die wonderlike byeenkoms misloop nie!

Mnr. E. Terblanche

e.terblanche@hscenturion.co.za

Met groot opgewondenheid word die dae jaarliks na die matriekafskeid afgetel.  Hoërskool Centurion se matriekafskeid is ‘n spoggeleentheid wat elke jaar groot getalle lok om te sien hoe die Woerie-matrieks van kop tot tone uitgevat is. Die matriekdogters kry die geleentheid om hul pragtige aandrokke te vertoon en die seuns staan beslis nie ‘n tree terug met hul spoggerige uitrustings nie.

Organiseerder:

Me. R. Heyns

r.heyns@hscenturion.co.za

Sokkies is een van die gewildste aktiwiteite en vind onder toesig van personeel plaas. Dit vind kwartaalliks plaas en ondersteun verskeie fondsinsamelings vir spesifieke skoolaktiwiteite, byvoorbeeld die matriekafskeid of die VLR-fonds. Dit is ‘n ideale geleentheid vir leerders om aan veilige, georganiseerde sosiale geleenthede deel te neem. Sokkies wissel van baie formeel, soos die Valentynsbal, tot baie informeel. Dikwels word daar ook ‘n spesifieke tema daaraan gekoppel.

KASKAR

NOCTE CUCURRI

MATRIEKAFSKEID

SOKKIES

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.