Die sagtebalseisoen is elke jaar vir ons dogters ‘n hoogtepunt. Dit is een van die lekkerste sportsoorte by die skool om aan deel te neem. Ons seisoen begin jaarliks met ‘n sagtebalkamp, of deelname aan die jaarlikse sagtebaldag.
Tydens die kamp word daar ernstig voorberei vir die komende seisoen en daar word ook vele spanbou-aktiwiteite gedoen. Die kamp word deur groot getalle sagtebalspelers en -afrigters bygewoon.
Ons skryf elke jaar ‘n A- en B-span in elke ouderdomsgroep (o. 14, o. 15, o. 16 en o. 19) in. Dus kan elke dogter kans kry om aan sagtebal deel te neem. Die ligawedstryde vir A- en B-spanne verskil in terme van die skole teen wie daar gespeel word.
Ons het jaarlikse spanne wat die ligas wen en na afhandeling van die liga deurdring na die streeksuitspele asook die Gauteng-kampioenskappe. As jy in sagtebal belangstel, is Hoërskool Centurion die enigste plek vir jou!
Me. M. Pienaar
m.pienaar@hscenturion.co.za
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika