Wat is die Akademiese Opedag?

Nie net ’n dag om te kyk nie – ’n dag om te ontdek!

Op 26 Augustus kry Graad 6- en 7-leerders die geleentheid om die wêreld van praktiese vakke by Hoërskool Centurion self te ervaar.

Kies jou vak, kom probeer dit self, ontdek nuwe belangstellings en sien hoe dit wat jy vandag leer, jou vir môre kan voorberei.

Ons bied demonstrasiesessies aan waartydens jou kind sy/haar gekose vak kan beleef in die klasomgewing onderleiding van die spesialisonderwyser. Registreer hier vir ‘n sessie.

Kom Jou toekoms begin hier.

WAT ONS GLO​

Mnr. A Labuschagne

Hoof

Hoërskool Centurion is ’n skool waar elke leerder die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te ontdek en te ontwikkel. As ’n waardegedrewe skool is ons fondamente stewig gegrond in geloof, respek, lojaliteit, integriteit en uitnemendheid.

Die hartklop van ons skool lê in die belewenis wat elke leerder daagliks ervaar. Hier word akademiese prestasie, kultuur, sport en leierskap verweef tot ’n dinamiese skoolervaring wat lewens verryk en karakter bou. As die skool van geleenthede skep ons ruimtes waar leerders kan ontdek, droom, waag en bereik.

By Hoërskool Centurion staan ons leerders op die skouers van reuse, suksesvolle alumni en uitsonderlike onderwysers. Om ’n Woerie te wees, is meer as net om ’n skool by te woon; dit is om deel te wees van ’n besondere Woerie-belewenis.

HOEKOM DIE WOERIES?​

By Hoërskool Centurion bou ons nie net kennis nie – ons kweek nuuskierigheid, selfvertroue en akademiese uitnemendheid.

  • Uitsonderlike akademiese prestasies
  • Toegewyde onderwysers en persoonlike begeleiding
  • ’n Omgewing waar elke leerder se potensiaal gekoester word
     

REGISTREER JOU PLEK!

Plekke is beperk!

REGISTRASIE VIR AKADEMIESE OPEDAG 26 AUGUSTUS 2026

Jou inligting word veilig gehou en nie met derde partye gedeel nie.

SIEN JOU DAAR!

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika