SKOOLFONDS

Die begroting vir 2026 is op 15 Oktober 2025 by die Algemene Jaarvergadering goedgekeur. Die volgende is goedgekeur en van belang vir die betaling van skoolgelde:

 1. Skoolgelde vir 2026 beloop voortaan R47 575 per leerder.
2. ‘n Aanvangsbetaling van R2 200 per leerder (ingesluit by die bedrag van R47 575) is voor 30 November 2025 betaalbaar.
3. Skoolgeld wat voor 31 Desember 2025 ten volle vereffen word, kwalifiseer vir 5% korting.
4. Skoolgeld wat voor 31 Januarie 2026 ten volle vereffen word, kwalifiseer vir 2.5% korting.
5. Betaling kan vanaf 1 Januarie tot 1 November 2026 (vooruit) oor 11 maande in gelyke paaiemente van R4 125 per maand per DEBIETORDER betaal word.
6. Betaling per DEBIETORDER (onderstaande) word sterk aanbeveel, maar enige ander finansieel-aanvaarbare betalingswyse word ook aanvaar. Voltooide debietorders kan aan me. Monique Wolhuter by debiteure@hscenturion.co.za gestuur word.
7. Indien u elektronies betaal of ‘n deposito direk in die skool se bankrekening maak, móét u asseblief u FAMILIEKODE (soos per D6) gebruik, om akkurate allokasie te verseker.

8. Ons het die nuwe Woerie-winkel geopen om ’n meer doeltreffende en gerieflike manier te skep om finansies te bestuur. Hier is die skakel: https://store.sticitt.co.za/Woerie-Kampus

BANKBESONDERHEDE

Die bankbesonderhede van die skool is as volg:

HOËRSKOOL CENTURION

STANDARD BANK

TAKKODE: 012 645

REK.NO.: 012 357 499

VERW: U rekeningnommer, kind se naam en van.

Enige ander betalings moet eers ‘n verwysingsnommer van die finansiële kantoor verkry.

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika