Raak Vandag Deel van die Verskil!
Ons is bevoorreg om deel van ‘n gemeenskap te wees wat omgee — ‘n gemeenskap wat betrokke wil wees en gereed is om te help waar daar nood is.
Jou bydrae maak dit moontlik vir ons om hande te vat met dié wat ondersteuning benodig. Saam kan ons ‘n blywende verskil in die lewens van ander maak.
Raak vandag betrokke deur middel van ‘n donasie — groot of klein — elke skenking help ons om weer uit te reik waar dit die nodigste is.
Kontak Cobus Botha by c.botha.co.za vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak.
Ons Borg ‘n Woerie-projek is ‘n deurlopende fondsinsamelingsprojek waardeur ons van lede van ons gemeenskap vra om ‘n leerder, wie se ouers/voogde nie skoolfonds kan bekostig nie, te borg.
Hierdie fondse word dan aangewend om die leerder se skoolgeld te dek.
Skoolgeboue en fasiliteite is die leeromgewing waarin leerders en onderwysers hulle bevind en die toestand van hierdie omgewing is belangrik vir produktiwiteit, gemak, veiligheid, onderrig en leer.
Ons het verskeie probleemareas in ons skool geïdentifiseer wat weens ‘n gebrek aan fondse nie aangespreek kan word nie.
Met ons Borg- en Bou-inisiatief doen ons ‘n beroep op individue en maatskappye om te help om hierdie probleemareas aan te pak.
Fondse/borge vir hierdie inisiatief sal aangewend word om geïdentifiseerde geboue, terreine of fasiliteite te verbeter en/of te beveilig.
Met hierdie inisiatief doen ons ‘n beroep op ons gemeenskap, individue en maatskappye om diegene wat op laerskool uitblink, die geleentheid te bied om hulle hoërskoolloopbaan by Hoërskool Centurion voort te sit.
Sodoende kan leerders met uitstaande akademiese, sport- en kultuurprestasies, maar ‘n finansiële behoefte, ondersteun word en deel vorm van die Woerie-familie waar holisties na ons leerders se ontwikkeling omgesien word.
Hier het u ‘n keuse tussen ‘n eenmalige bedrag, of ‘n herhalende betaling. U kry ook ‘n belastingvoordeel indien u ‘n donasie in die Alumni Stigting van Hoërskool Centurion se rekening inbetaal.
U kan ook ‘n donasie op SnapScan maak en u het ‘n keuse tussen ‘n eenmalige bedrag, of ‘n herhalende betaling.
Elke bietjie help.
Alumni Stigting vir die Hoërskool Centurion
Standard Bank Rekeningnommer: 013 455 427 Takkode: 012 345
Art.18A-sertifikaat kan aangevra word.
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika