Ons spanne neem jaarliks aan die Gauteng-Noord Tennisliga deel. Andri Tiran, van ATTA Academy, is die afrigter van Hoërskool Centurion se tennisspanne. Tennis by Hoërskool Centurion is dinamies, lekker en mededingend. Die senior dogters se liga is gedurende die eerste kwartaal. Die senior en junior seunspanne neem gedurende die tweede kwartaal aan hul onderskeie ligas deel. Die junior dogters se liga geskied in die derde kwartaal.
Prestasies 2025
- Jeanna Schmidt, ‘n oud-Woerie, is ‘n SA vrouespeler.
- Junior seunspan is naaswenners in hul liga.
- Leandri van der Walt en Tamryn van Vreden wen die ATKV Buffelspoort Tennistoernooi.